Description
Die AGREDS Gids Tot Jagvoelbestuur in Suid Afrika
Die AGRED-gids tot jagvoëlbestuur in Suid-Afrika is ’n gedetaileerde en praktiese gids tot die bestuur van jagvoëls vir grondeienaars, veral boere en wildbewaarders, sowel as vir voëljagters.
Die beginsels van die volhoubare en etiese jag van jagvoëls, eenvoudige bewaringstegnieke en hoe om ’n voëljagtog te bestuur, word op ’n maklike manier verduidelik en goed geïllustreer.




