Please note that ammo, primers and powder has to be collected in store.   Please remember to bring your license along.

Die Akkurate Ketting

R230.00

Die Akkurate Ketting

Out of stock

SKU: DKKETTING Category:

Description

Vir baie jare is die afrikaans sprekende jagter en sport skut, wat self sy ammunisie wil herlaai, uitgelewer aan engelse handleidings wat hoofsaaklik saamgestel is vir die Amerikaanse mark/skut. Dit het tot gevolg dat meeste afrikaans sprekende skuts – of nooit gegroei het in kennis nie – of deur “trial and error” die wiel weer herontwerp het.
Met die implimentering van die nuwe vuurwapen wet is ’n groot hoeveelheid vuurwapen eienaars gedwing om meer aan skiet oefeninge en kompetisies deel te neem. Dit dwing sulke skuts om hulle eie ammunisie te herlaai, aangesien fabrieks gelaaide ammunisie baie duur geword het. Die Akkurate Ketting is die eerste en enigste Afrikaanse handleiding wat handel oor die metodiek van die herlaai van geweer ammunisie. Die skrywer, Hendrik van Rensburg, het uit jare se praktiese ervaring dit reg gekry om een handleiding saam te stel wat in eenvoudige verstaanbare Afrikaans vir die leser vanaf beginners vlak tot ’n redelike gevorderde vlak die mees belangrike metodes van herlaai verduidelik.
Die skrywer hou hom nie op met eindlose niks-seggende ballisties tabelle nie, maar konsentreer uitsluitlik op basiese en gevorderde herlaai metodes, en die akkuraat making van die geweer.

Die volgende punte word onder meer in die boek bespreek:
• Die keuse en werking van verskillende herlaai gereedskap;
• Die keuse en voorbreiding van doppe;
• Betroubare lading ontwikkeling;
• Die akkuraat maak van jou geweer;
• Baie meer

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Akkurate Ketting”